0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
Status
Brand

Showing 1 - 25 of 74 matches in All Departments

Die Boek Van Twee Wee (Afrikaans, Paperback): Jodi Picoult Die Boek Van Twee Wee (Afrikaans, Paperback)
Jodi Picoult; Translated by Daniel Hugo
R315 R252 Discovery Miles 2 520 Save R63 (20%) Ships in 5 - 10 working days

In die splitsekonde wat sy met haar eie dood gekonfronteer word, verander alles in Dawn Edelstein se lewe. Sy is op ’n vliegtuig wat skielik gedwing word om ’n noodlanding te doen.

Terwyl sy haar op die ergste voorberei, is haar gedagtes egter nie by haar eggenoot en dogter nie, maar by Wyatt Armstrong – ’n man wat sy 15 jaar gelede in Egipte agtergelaat het. Dawn oorleef die vliegtuigongeluk op wonderbaarlike wyse, maar word daarna deur groot onsekerheid oor haar lewenskeuses gery.

Sy het ’n goeie lewe in Boston saam met haar man en dogter en sy vind vervulling in haar werk as doulah, waar sy sterwende mense help om die oorgang tussen die lewe en die dood te maak. Tog kan sy nie help om te wonder wat geword het van Wyatt en sy werk as argeoloog wat antieke grafkelders opgrawe nie. As jong studente het hulle saam opgrawings gedoen totdat Dawn weens ’n persoonlike krisis terug is na Amerika.

Moet sy terugkeer na haar voorstedelike lewe en haar gesin? Of moet sy na Egipte gaan en die spoke van die verlede finaal in die oë kyk en dalk haar navorsing oor die Boek van twee weë voltooi?

Soos die verhaal ontvou, moet Dawn antwoorde op talle kritiese vrae vind: Wat behels ’n goeie lewe? Wat los ons agter wanneer ons sterf en hoeveel van ons lewenskeuses is ons eie en hoeveel maak die lewe vir ons?

Vos en Haas Op die Eiland (Afrikaans, Paperback): Sylvia Van Den Heede Vos en Haas Op die Eiland (Afrikaans, Paperback)
Sylvia Van Den Heede; Illustrated by The Tjong- Khing; Translated by Daniel Hugo
R143 Discovery Miles 1 430 In Stock

"Stop! Ons is hier!” roep Haas. Vos sit die tasse neer. “Is jy seker dat dit hier is?” vra hy.“Ek sien net sand. En water. En twee bome.” Die derde boek in die bekroonde reeks oor Vos en Haas sluit ten opsigte van die leesvlak en die verhaallyn by die vorige twee dele aan. Vos en Haas op die eiland is geskryf in kort sinne, met ’n effens meer gevorderde woordeskat wat rekening hou met die jong leser se begripsvermoe. Die wisselende lettergroottes ondersteun die intonasie en beklemtoning wanneer daar hardop gelees word.

El Negro en ek (Afrikaans, Paperback): Frank Westerman El Negro en ek (Afrikaans, Paperback)
Frank Westerman; Translated by Daniel Hugo
R92 Discovery Miles 920 Ships in 4 - 8 working days

As negentienjarige ryloper in Spanje beland Frank Westerman toevallig in die dorpie Banyoles, waar ’n opgestopte “Kalahari-Boesman”, slegs bekend as El Negro, uitgestal word. Sy indrukke bly hom by – en wanneer hy dekades later weer van El Negro lees, die keer in ’n Franse koerant, is dit die begin van ’n ondersoeksreis wat belangrike vrae oor rasopvattings en die Westerse beskawing na vore bring. Wie was hierdie naamlose man? Wat se sy opgestopte “museumteenwoordigheid” oor Europese denke oor slawerny, rassisme en kolonialisme – en bied hy slegs ’n spieel op ’n vergange tyd, of ook op die hede?

Die helaasheid van die dinge (Afrikaans, Paperback): Daniel Hugo Die helaasheid van die dinge (Afrikaans, Paperback)
Daniel Hugo
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 8 working days

In Die helaasheid van die dinge keer die skrywer terug na sy geboortedorp in Vlaandere. Ons maak kennis met die pa wat trots op sy fiets van kroeg tot kroeg ry om sy pasgebore seun vir sy drinkebroers te wys, met die ouma wie se nagrus alte dikwels deur die polisie versteur word as hulle een van haar dronk seuns huis toe bring, en met die werklose ooms wat meer belangstel in ’n suipwedstryd as in ’n deugsame lewe. Dimitri Verhulst se Die helaasheid van die dinge is sowel ’n pragtige ode aan as ’n skreeusnaakse afrekening met die dorp van sy jeug.

Geheime Uit Die Wilde Woud (Afrikaans, Paperback): Tonke Dragt Geheime Uit Die Wilde Woud (Afrikaans, Paperback)
Tonke Dragt; Translated by Daniel Hugo
R334 Discovery Miles 3 340 Ships in 4 - 8 working days

Die opvolgverhaal van Die Brief Vir Die Koning.

’n Jong ridder. ’n Betowerde woud. ’n Lewensgevaarlike soektog.

Een van die koning se ridders word vermis. Tiuri kry die gevaarlike opdrag om hom te gaan soek. Saam met sy vriend Piak vertrek hy na die Wilde Woud. Oor die Wilde Woud word vreemde stories vertel – van woeste rowers en bosgeeste, van ruïnes en kronkelpaaie wat doodloop, van geheimsinnige Manne met Groen Klere …

Die verhaal bevat al die bestanddele van ’n tydlose avontuur: ’n ware held, vriendskap, liefde, dapperheid, lojaliteit, ridderlikheid … en skelm skurke.

Vakansiehuis Met Swembad (Afrikaans, Paperback): Herman Koch Vakansiehuis Met Swembad (Afrikaans, Paperback)
Herman Koch; Translated by Daniel Hugo
R86 Discovery Miles 860 Ships in 4 - 8 working days

Marc Schlosser, 'n huisdokter, begaan 'n mediese fout en as gevolg daarvan sterf een van sy pasiente. Schlosser moet voor die Mediese Raad verskyn om verantwoording te doen. Schlosser is nie te bekommerd oor die Mediese Raad nie: Hy sal seker 'n paar maande geskors word, wat nie te erg is nie. Wat die saak egter kompliseer, is dat die pasient 'n baie bekende akteur, Ralph Meier, is, wat miskien net te veel aandag gegee het aan Schlosser se pragtige vrou, Caroline. Of hou die hele gedoente verband met wat by die Meiers se vakansiehuis gebeur het toe die Schlosser-gesin daar op besoek was? Soos in Die aandete is die hoofkarakter van die verhaal ook die verteller wat net vertel wat hy wil he die leser moet weet en so die leser aan die raai hou oor wat werklik gebeur het.

Die Suurtjies (Afrikaans, Hardcover): Jaap Robben Die Suurtjies (Afrikaans, Hardcover)
Jaap Robben; Edited by Daniel Hugo; Illustrated by Benjamin Leroy
R48 Discovery Miles 480 Ships in 4 - 8 working days

Lek gou aan 'n suurlemoen en kyk hoe lyk jy in die spieel. So suur soos wat jou gesig nou lyk, so lyk die broers Harry en Huibert Suur s'n altyd. En hulle hou boonop daarvan! Suig gou aan ’n suikerklontjie en lees wat gebeur wanneer Harry en Huibert op ’n dag ’n kaartjie in die pos kry wat hulle rustige lewe omkeer.

Pettson Gaan Kampeer (Afrikaans, Hardcover): Sven Nordqvist Pettson Gaan Kampeer (Afrikaans, Hardcover)
Sven Nordqvist; Translated by Daniel Hugo
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days
Die Aandete (Afrikaans, Paperback): Herman Koch Die Aandete (Afrikaans, Paperback)
Herman Koch; Translated by Daniel Hugo
R239 Discovery Miles 2 390 Ships in 4 - 8 working days

Twee broers en hulle vrouens gaan een aand eet in ’n deftige restaurant: Paul Lohman, mislukte onderwyser en sy slim vrou Claire, saam met Serge Lohman, kandidaat vir die premierskap in die opkomende verkiesing, en sy vrou Babette. Teen die agtergrond van die bediening van keurige geregte en tipiese restaurantpraatjies ontvou ’n ontstellende verhaal.

Wolf, Hond en Kat (Afrikaans, Paperback): Sylvia Van Den Heede Wolf, Hond en Kat (Afrikaans, Paperback)
Sylvia Van Den Heede; Illustrated by Marije Tolman; Translated by Daniel Hugo
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Kat is terug. Sy is in die bos. Wolf se bos! Wolf is bang vir Kat. Maar Hond nie. Hy help sy neef. Hoe? Dit kan jy in hierdie boek lees. ’n Prettige storie vir beginnerlesers deur die skrywer van die veelbekroonde boeke oor Vos en Haas. Hierdie boek begin met eenvoudige woorde en kort sinne en word dan geleidelik ’n bietjie moeiliker. Die boek is egter so boeiend en snaaks dat die beginner-lesertjie dit nie eens sal agterkom nie! Die warmte en humor van die stories word wonderlik aangevul deur Marije Tolman se skitterende tekeninge in volkleur. Dit maak hierdie eerste leeservaring iets onvergeetlik.

Hallo, Vos! Hallo, Haas! (Afrikaans, Paperback): Sylvia Van Den Heede Hallo, Vos! Hallo, Haas! (Afrikaans, Paperback)
Sylvia Van Den Heede; Illustrated by The Tjong- Khing; Translated by Daniel Hugo
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Pluim besluit dis tyd om weg te kom uit die stad – en die lee hok in die heining lyk na 'n aanloklike alternatiewe woonplek. Die vierde boek in die bekroonde reeks oor Vos en Haas sluit ten opsigte van die leesvlak en die verhaallyn by die vorige drie dele aan.

Klein Fielies Raak Weg (Afrikaans, Hardcover): Sven Nordqvist Klein Fielies Raak Weg (Afrikaans, Hardcover)
Sven Nordqvist; Translated by Daniel Hugo
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days
Gelukkige Slawe (Afrikaans, Paperback): Tom Lanoye Gelukkige Slawe (Afrikaans, Paperback)
Tom Lanoye; Translated by Daniel Hugo
R95 Discovery Miles 950 Ships in 4 - 8 working days

In Gelukkige slawe bevind twee Belgiese mans met presies dieselfde naam en van, Tony Hanssen, hulleself op 'n keerpunt. In Buenos Aires speel Tony Hanssen – eens 'n toerdirekteur op van die mees luuksueuse plesierbote ter wereld – 'n gevaarlike speletjie as toyboy van mevrou Bo Xiang, die bejaarde eggenote van 'n skatryk Chinese bouondernemer met legendariese genadeloosheid. In Suid-Afrika korrel 'n ander Tony Hanssen – die vlugtende rekenaarprogrammeerder van 'n bankrot bank – met 'n geweer na 'n renoster in die Krugerwildtuin. Die een Tony wil sy vryheid terughe, en die ander een sy gesin. Eers as hulle mekaar vir die eerste keer ontmoet, op 'n ander kontinent, blyk dit hoeveel hulle op mekaar aangewese is.

Die Groot Klein Kaptein (Afrikaans, Paperback): Paul Biegel Die Groot Klein Kaptein (Afrikaans, Paperback)
Paul Biegel; Illustrated by Carlton Hollander; Translated by Daniel Hugo
R300 R253 Discovery Miles 2 530 Save R47 (16%) Ships in 4 - 8 working days

Die Klein Kaptein is ’n kereltjie wat met ’n skoorsteenpyp, ’n sinkbad, ’n stoelpoot en ’n fietsketting sy skip die “Nooitlek” weer seevaardig maak. Wanneer die skroef, gemaak van gesmelte bronsmunte, ook klaar is, skep ’n groot brander die skip van die hoe duin af waar dit gestrand het. Die avontuurlike tog van die “Nooitlek” met die Klein Kaptein en sy kamerade Dik Druif, Marinka en Bang Tonie kan nou begin. Hulle vaar oor die oseane, kom by vreemde lande aan en trotseer talle gevare. Al drie dele van die Klein Kaptein se wereldreis is hier in een band gebundel, met illustrasies in volkleur deur Carl Hollander.

Reinaard Die Vos (Afrikaans, Hardcover): Henri van Daele Reinaard Die Vos (Afrikaans, Hardcover)
Henri van Daele; Illustrated by Klaas Verplancke; Translated by Daniel Hugo
R73 Discovery Miles 730 Ships in 4 - 8 working days

Reinaard die Vos breek weg van die tradisie van ou fabels of diereverhale. Die vosverhaal is ’n bytende satire op die destydse politieke, sosiale en godsdienstige (wan) toestande. Die dinge wat deur die skrywer aan die kaak gestel word, is vandag nog deel van ons samelewing. Henri van Daele het die oorspronklike Middelnederlandse rymende eposse naatloos aanmekaargelas en in soepel prosa herskryf. Daniel Hugo se Afrikaanse vertaling maak dit ook Suid-Afrikaanse volksbesit.

Soektog in Katoren (Afrikaans, Paperback): Jan Terlouw Soektog in Katoren (Afrikaans, Paperback)
Jan Terlouw; Translated by Daniel Hugo
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 4 - 8 working days

Katoren, veertig jaar nadat koning Stach die troon bestyg het. Die sestienjarige bokwagter Koss reis deur die land op soek na ’n man wat as seuntjie ontvoer is – en ’n hele nuwe wereld van geld, reels en skynheiligheid gaan vir hom oop. Aanvanklik is Koss net 'n toeskouer wat hom oor alles verbaas ... maar dan raak hy verlief op Vulcana, en deur haar geinspireer, teken hy op 'n drastiese manier protes aan teen die onreg. Sal Koss uit die moeilikheid kan ontsnap waarin die protes hom dompel?

Die Rooi Prinses (Afrikaans, Paperback): Paul Biegel Die Rooi Prinses (Afrikaans, Paperback)
Paul Biegel; Illustrated by Fiel van der Veen; Translated by Daniel Hugo
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 4 - 8 working days

Niemand het nog ooit die Rooi prinses gesien nie, want sy het agter die mure van die Wit Toringpaleis grootgeword. Eers op haar twaalfde verjaardag kom sy uit om in 'n feestelike optog aan die volk bekendgestel te word. Dit is 'n lang stoet van rytuie vol waardige persone, met heel aan die einde die rooi koets waarin die prinses sit. Die volk rek hulle nekke om haar uiteindelik te sien, maar voor enigeen 'n glimp van haar kan kry, gebeur iets verskrikliks. Woeste rowers storm nader en ontvoer die prinses met koets en al in 'n wilde rit die stad uit en die wildernis in. “Hoe vreeslik!” dink almal. Maar dan begin sommige mense wonder of dit nie alles net toneelspel was nie. Bestaan die Rooi prinses regtig? Niemand het haar dan met 'n oog gesien nie. En daardie rooihaarmeisie wat in vuil klere stoksielalleen deur die wildernis dwaal, is dit 'n prinses? Elke meisie van twaalf met rooi hare kan mos nou se sy is die Rooi prinses. En dit gee iemand 'n blink idee...

Bo is Dit Stil (Afrikaans, Hardcover): Gerbrand Bakker Bo is Dit Stil (Afrikaans, Hardcover)
Gerbrand Bakker; Translated by Daniel Hugo
R95 Discovery Miles 950 Ships in 4 - 8 working days

Helmer se pa is sterwend en vir die eerste keer in sewe-en-dertig jaar word daar nie meer bevele geblaf op die plaas op die koue, nat Nederlandse platteland nie. Helmer dra sy pa na die boonste verdieping van die plaashuis waar hy sy siekbed moet deurbring en word vir die eerste keer gekonfronteer met ’n kans om wraak te neem. Dit word egter ’n kans om homself te leer ken en te doen wat sy hart vir hom voorskryf.

Die Hormoonfabriek (Afrikaans, Paperback): Saskia Goldschmidt Die Hormoonfabriek (Afrikaans, Paperback)
Saskia Goldschmidt; Translated by Daniel Hugo
R95 Discovery Miles 950 Ships in 4 - 8 working days

Liefde en venyn tussen broers, botsende belange tussen handel en wetenskap, fabrieksmeisies wat met sekshormone volgestop word en testosteroongedrewe base – Die hormoonfabriek is 'n bloedstollende verhaal, geinspireer deur historiese feite, waarin die onderskeid tussen goed en kwaad soms vertroebel raak deur die opwinding van wetenskaplike ontdekkings. Die suksesvolle besigheidsman Mordechai de Paauw, Motke vir sy vriende, besef op sy oudag dat hy nie daarin kon slaag om fatsoenlik te lewe nie. In die twintigerjare van die vorige eeu het hy en sy tweelingbroer Aron 'n asemrowende projek aangepak. Saam met die beroemde farmakoloog Rafael Levine het hulle 'n bedryf begin waarin die afvalvleis van Motke se vleisfabriek gebruik is vir die ontwikkeling van hormoonpreparate. Die omstandighede aan die begin van die onderneming is nie gunstig nie. Ernstige armoede, misdadigheid en opkomende antisemitisme vorm 'n giftige mengsel in die Katolieke plattelandse dorpie waar die twee broers woon en werk. Maar Motke de Paauw druk deur; geen prys is vir hom te hoog nie. As ten slotte na die Tweede Wereldoorlog bestek opgeneem word, blyk dit dat niemand ongeskonde uit die stryd gekom het nie.

Nege Oop Arms (Afrikaans, Paperback): Benny Lindelauf Nege Oop Arms (Afrikaans, Paperback)
Benny Lindelauf; Translated by Daniel Hugo
R69 Discovery Miles 690 Ships in 4 - 8 working days

Muulke, Fing en Jes is glad nie lus om vir die hoeveelste keer te trek nie. Maar wanneer hulle eers die huis van Nege Oop Arms leer ken, wag daar verskeie ontdekkings en avonture op die Nederlandse sussies.

Fielies se Nuwe Huisie (Afrikaans, Hardcover): Sven Nordqvist Fielies se Nuwe Huisie (Afrikaans, Hardcover)
Sven Nordqvist; Illustrated by Sven Nordqvist; Translated by Daniel Hugo
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days
Ware mense (Afrikaans, Hardcover): Bart de Graaff Ware mense (Afrikaans, Hardcover)
Bart de Graaff; Translated by Daniel Hugo
R91 Discovery Miles 910 Ships in 4 - 8 working days

Bart de Graaff is ’n Nederlandse historikus en joernalis wat ’n besonderse belangstelling in die Suid-Afrikaanse politiek en kultuur het. In 2015 en 2016 het hy verskeie besoeke aan Suid-Afrika en Namibie gebring. Sy oogmerk was om die nasate van die Khoi-Khoin, synde die eerste “ware mense” van die subkontinent, op te spoor, en aan die woord te stel. Hierdie boek is die resultaat van sy onderhoude. De Graaff kontekstualiseer nie net die geskiedenis van die Khoi-Khoin en haar vele vertakkings nie, maar stel ook bepaalde eietydse leiersfigure in die onderskeie gemeenskappe aan die woord. Daarvolgens word die historiese kyk na legendariese kapteins soos die Korannas se Goliat Yzerbek, die Griekwas se Adam Kok, die Basters se Dirk Vilander, Abraham Swartbooi van die Namas en Frederik Vleermuis van die Oorlams afgewissel met De Graaff se persoonlike reisindrukke en die talle gesprekke wat hy met die waarskynlike nasate van bogenoemde leiers gehad het. In sy onopgesmukte skryfstyl, vol deernis en humor, vertel De Graaff van hierdie ontmoetings en gesprekke en algaande kom die leser onder die indruk van die sistemiese geweld wat teen die Khoi-Khoin oor soveel eeue heen gepleeg is. Dit is ’n belangrike boek wat die geskiedenis en huidige stand van die bruin mense onder hulle landsgenote se aandag bring.

Een Minuut vir die Haan (Afrikaans, Hardcover): Sven Nordqvist Een Minuut vir die Haan (Afrikaans, Hardcover)
Sven Nordqvist; Illustrated by Sven Nordqvist; Translated by Daniel Hugo
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days
Oorlogswinter (Afrikaans, Paperback): Jan Terlouw Oorlogswinter (Afrikaans, Paperback)
Jan Terlouw; Translated by Daniel Hugo
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 4 - 8 working days

Dit is die yskoue winter van 1944/1945. Die Tweede Wereldoorlog woed nog en Nederland ly onder die Duitse besetting. Die 15-jarige Michiel kan nie wag tot hy oud genoeg is om aan die ondergrondse versetsbeweging deel te neem nie. Wanneer Dirk, hulle bure se seun, hom vra om 'n brief af te lewer voel hy dat hy uiteindelik ernstig opgeneem word. Maar Dirk word gearresteer en die persoon aan wie hy die brief moet besorg, word deur die Duitsers doodgeskiet. Gaan Michiel die brief oopmaak en die verantwoordelikheid van die opdrag daarin aanvaar?

Minoes (Afrikaans, Paperback): Annie M. G Schmidt Minoes (Afrikaans, Paperback)
Annie M. G Schmidt; Translated by Daniel Hugo
R69 Discovery Miles 690 Ships in 4 - 8 working days

Mejuffrou Minoes was vroeer 'n kat. Daarom spin en krap sy en vryf sy graag haar kop teen mense. Sy hou ook nog steeds van voeltjies. Al is sy nou 'n gewone meisie, sing sy nog af en toe die Miaau-Miaau-lied en praat sy nog uitstekend kattaal. Dit is baie handig vir Tibbe, haar baas wat vir 'n koerant werk. Deur die Kattenuusdiens hoor hy van baie geheime dinge wat in die stad Katsendal aangaan. Dit veroorsaak allerlei moeilikhede, maar danksy Minoes en haar talle katvriende loop alles goed af.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Gloria
Sam Smith CD R407 Discovery Miles 4 070
Luca Distressed Peak Cap (Khaki)
R249 Discovery Miles 2 490
Munchkin Latch Pacifier & Designer Clip…
 (1)
R75 Discovery Miles 750
Maped Smiling Planet Scissor Vivo - on…
R26 Discovery Miles 260
Metalix Square Non Stick Pan
R159 R49 Discovery Miles 490
Frozen - Blu-Ray + DVD
Blu-ray disc R344 Discovery Miles 3 440
Peptine Pro Equine Hydrolysed Collagen…
 (2)
R359 R279 Discovery Miles 2 790
Pineware Steam, Spray, Dry Iron (1400W)
R299 R247 Discovery Miles 2 470
Batman v Superman - Dawn Of Justice…
Ben Affleck, Henry Cavill, … Blu-ray disc  (3)
R549 Discovery Miles 5 490
Sharp EL-W506T Scientific Calculator…
R599 R449 Discovery Miles 4 490

 

Partners